|
By Ashè Hair Design verskaf ons al die dienste wat jy sou verwag van ‘n professionele haarsalon. Dit sluit die volgende in:
- Konsultasies
- Was
- Sny
- Sny en Blaas
- Kleur
- Strepies met foelie sowel as met die kappie
- Interessante kleure strepe (Blou, groen, pienk, ens.)
- Permanente kleur
- Permanente golwing
- Set
- Blaas
- Formele ‘upstyles’ vir spesiale geleenthede (met toetslopies vooraf)
- Meganiese reguitmaak
- Aanbeveling van geskikte tuissorgprodukte vir jou eie behoeftes.
Ons hanteer vrouens, mans en kinders. Ons is trots op ons vermoeë om selfs ‘moeilike’ kleuters te hanteer. Hulle sal wil terugkom vir hulle volgende sny.
By Ashè Hair Design doen ons ook ‘upstyles’ vir fotografiese en loopplankmodelle en bruide en vir spesiale geleenthede soos troues, Valentydsdag, Moedersdag, onthale, danse, jaareindfunksies of enige ander geleentheid.
Ons kan na jou toe kom: Indien benodig, kan ons die diens lewer by jou eie huis of gekose plek soos by trou-‘venue’ of sorgsentrum.
Ashè Hair Design bied korting aan vir pensioentrekkers.
Indien jy ‘n diens benodig wat nie hier genoem word nie, skakel ons assblief en bespreek jou behoefte met ons. Ons kan dalk help.
|